Jeremiah 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy dan omgord jou heupe en staan op en spreek met hulle alles wat Ek jou beveel; wees nie verskrik vir hulle aangesig nie, dat Ek jou nie voor hulle beskaam nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Staan op en trek jou aan, en gaan sê vir hulle alles wat Ek gesê het. Moenie vir hulle bang wees nie, anders laat Ek jou dalk verleë voor hulle staan!
Afrikaans 1933/1953
Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.
Afrikaans 1983
Maak klaar, staan op, sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter Ek jou voor hulle oë.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar jy, jy moet jou heupe omgord, gereedmaak en vir hulle alles gaan sê wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle bang wees nie, anders gee Ek jou 'n rede om vir hulle bang te wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Jeremia, jy moet nou begin, jy moet gereedmaak en vir die mense alles sê wat Ek vir jou sê. Jy moenie vir hulle skrik nie, want dan sal Ek jou baie meer laat skrik vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Maak klaar, Jeremia, en gaan sê vir die mense alles wat Ek te sê het. Moenie vir hulle bang wees nie, anders gee Ek jou dalk ’n rede om bang te wees!