Jeremiah 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want kyk, Ek het jou vandag 'n beskutte stad gemaak en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land, teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die mense van die land.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek beskerm jou teen hulle. Ek maak jou soos ’n versterkte stad, so vasgeanker soos ’n ysterpaal of soos ’n muur wat van koper gemaak is. Jy sal sterk genoeg wees om jou teen die konings van Juda, hulle amptenare, hulle priesters en enige van die land se mense te handhaaf.
Afrikaans 1933/1953
Want kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.
Afrikaans 1983
Ek maak jou vandag 'n vestingstad, 'n ysterpilaar, 'n bronsmuur sodat jy staande kan bly teen die hele land, teen die koningshuis van Juda en al sy amptenare, teen sy priesters en teen die bevolking.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Ek, kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad, 'n ysterpilaar en 'n koperstadsmuur teen die hele land – die konings van Juda, Jerusalem se hoë amptenare, haar priesters en die volk van die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wat Ek sal doen, is dit: Ek maak jou vandag sterk, so sterk soos 'n stad wat sterk mure het, soos 'n ysterpilaar en 'n muur van brons. Jy sal sterk wees teen die hele land, teen die konings, teen die amptenare en priesters van Juda, en teen al die belangrike mense in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy kan rustig wees, Ek maak jou so sterk soos ’n stad wat ’n muur om het om die mense te beskerm. Of Ek maak jou soos ’n ysterpaal wat vasgeplant is of so hard soos ’n muur wat van koper gemaak is. Jy sal sterk genoeg wees om al die aanvalle van mense op jou te oorleef. Dit maak nie saak of die aanvalle van die konings van Juda en hulle amptenare of die priesters of enige van die land se mense kom nie.