Jeremiah 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle sal teen jou veg; maar hulle sal jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te red.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sal jou probeer onderkry, maar dit nie regkry nie. Ek is aan jou kant en sal jou beskerm. Ek, die Here, belowe dit!”
Afrikaans 1933/1953
En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.
Afrikaans 1983
Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou red.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sal teen jou veg, maar sal nie die oorhand oor jou kry nie. Want Ek is by jou,” is die uitspraak van die Here, “om jou te red!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sal met jou baklei, maar hulle sal jou nie wen nie, want Ek is by jou om jou te red.” Dit is wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sal jou definitief probeer onderkry, maar hulle sal dit nie regkry nie. Ek is aan jou kant en Ek sal jou beskerm. Ek, die Here, belowe jou dit!”