Jeremiah 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Tot wie die woord van die HERE gekom het in die dae van Josia, die seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering.
Afrikaans (NLV) 2011
In die dertiende jaar van koning Josia van Juda se regering het die boodskap van die Here na hom gekom. Josia was die seun van Amon.
Afrikaans 1933/1953
tot wie die woord van die HERE gekom het in die dae van Jos¡a, die seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering,
Afrikaans 1983
Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die woord van die Here het tot hom gekom in die dae van Josia, seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het met Jeremia gepraat in die tyd toe Josia seun van Amon koning was in Juda. Dit was in die dertiende jaar nadat Josia koning geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here wou sekere dinge vir die koning en die volk sê. Hy het Jeremia daarvoor gebruik. Hy het vir hom boodskappe gegee in die dertiende jaar wat Josia koning van Juda was (ongeveer 627 v.C.). Josia was die seun van koning Amon.