Jeremiah 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit het ook gekom in die dae van Jójakim, die seun van Josia, die koning van Juda, tot aan die einde van die elfde jaar van Sedekia, die seun van Josia, die koning van Juda, tot die wegvoer van Jerusalem in die gevangenis in die vyfde maand.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het aangehou om vir Jeremia boodskappe te gee, ook in die tyd van koning Jojakim, die seun van Josia, tot in die elfde jaar van koning Sedekia se bewind. In Augustus van daardie jaar is baie van die mense van Jerusalem in ballingskap weggevoer.
Afrikaans 1933/1953
en gekom het in die dae van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar van Sedek¡a, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, totdat Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand.
Afrikaans 1983
Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en ook in die dae van Jojakim, seun van Josia, die koning van Juda, tot aan die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia, seun van Josia, die koning van Juda, tot met die wegvoering van Jerusalem in die vyfde maand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het ook met Jeremia gepraat in die tyd toe Josia se seun Jojakim koning was in Juda, en die Here het met Jeremia gepraat tot die einde van die elfde jaar nadat Josia se seun Sedekia koning geword het in Juda. In die vyfde maand van daardie jaar het vyande die mense van Jerusalem oorwin en weggevat na 'n ander land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het aangehou om vir Jeremia boodskappe te gee ook in die tyd van koning Jojakim, wat Josia se seun was, tot in die elfde jaar dat Sedekia koning was (tot 586 v.C.). In Augustus van hierdie jaar is die mense wat in Jerusalem gebly het, gevang. Die mense van Babel het die inwoners van Jerusalem uit Juda weggevat na hulle land toe. Hulle sou in Babel in ballingskap moes bly.