Jeremiah 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Voordat Ek jou in die buik gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die moederskoot voortgekom het, het Ek jou geheilig en jou as profeet vir die nasies aangestel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.”
Afrikaans 1933/1953
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.
Afrikaans 1983
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Nog voordat Ek jou gevorm het in die baarmoeder, het Ek jou geken; nog voordat jy uitgegaan het uit die moederskoot, het Ek jou geheilig. As profeet vir die nasies het Ek jou bestem. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het jou gekies voordat Ek jou gemaak het. Ek het jou gewy aan My voordat jy gebore is, Ek het jou aangestel om 'n profeet vir die volke te wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek ken jou van altyd af. Van voor jou geboorte af het Ek jou gekies en aangestel om namens My met die nasies van die wêreld te praat.”