Jeremiah 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê ek: Ag, HERE HERE! kyk, ek kan nie praat nie, want ek is 'n kind.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het geantwoord: “Nee, oppermagtige Here, ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!”
Afrikaans 1933/1953
Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.
Afrikaans 1983
“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het ek gesê: “Ag, my Heer, die Here, kyk, ek weet nie hoe om te praat nie, want ek is nog 'n kind. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ek het gesê: “Ag, Here, my Here, ek kan nog nie goed praat nie, want ek is 'n kind.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het geantwoord en gesê: “Nee, Here, ek kan nie goed praat nie en ek is gans en al te jonk vir dié belangrike taak.”