Jeremiah 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is 'n kind nie, want jy moet gaan na alles wat Ek jou sal stuur, en alles wat Ek jou beveel, moet jy spreek.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die Here het geantwoord en gesê: “Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle.
Afrikaans 1933/1953
Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.
Afrikaans 1983
Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die Here het vir my gesê: “Moenie sê, ‘Ek is nog 'n kind’ nie, want na wie ook al Ek jou stuur, moet jy gaan, en wat ook al Ek jou beveel, moet jy sê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die Here vir my: “Jy moenie sê jy is 'n kind nie, want Ek stuur jou na mense toe, en jy moet na hulle almal toe gaan en jy moet alles sê wat Ek vir jou sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die Here het my geantwoord: “Moenie sê jy is te jonk nie. Jy moet na die mense toe gaan na wie Ek jou stuur en vir hulle my boodskap gee.