Jeremiah 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die HERE sy hand uitgesteek en my mond aangeraak. En die HERE het vir my gesê: Kyk, Ek het my woorde in jou mond gelê.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het die Here sy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Hy het vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gesit.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.
Afrikaans 1983
Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het toe sy hand uitgesteek en my mond aangeraak. Die Here het vir my gesê: “Kyk, Ek lê my woorde in jou mond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het Hy sy hand uitgesteek en aan my mond geraak en vir my gesê: “Kyk, Ek sê vir jou wat jy moet sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het dit vir my gevoel of die Here met sy hand aan my mond raak. Hy het vir my gesê: “Ek sit die woorde wat jy nodig het, in jou mond.