Jeremiah 10:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
O HERE, maak my reg, maar met oordeel; nie in u toorn nie, dat U my nie tot niet maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Here, help my reg, maar werk sag met my. As U dit in woede doen, sal niks van my oorbly nie.
Afrikaans 1933/1953
Tugtig my, HERE, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.
Afrikaans 1983
Here, straf ons soos ons verdien, maar nie in toorn nie, dat U ons nie tot niet maak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Straf my, Here, maar regverdig, nie in u toorn nie, sodat U my nie uitwis nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, gee vir ons die straf wat ons moet kry, maar U moenie so kwaad wees dat U niks van ons laat oorbly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, help ons reg, maar werk sag met ons. As U ons swaar straf as U baie kwaad is, sal daar niks van ons oorbly nie.