Jeremiah 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, so sê die HERE: Vra tog onder die heidene wie sulke dinge gehoor het: die maagd van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom sê die Here: “Doen navraag onder die nasies. Het iemand al ooit gehoor van die afstootlike ding wat die jong vrou Israel gedoen het?
Afrikaans 1933/1953
Daarom, so spreek die HERE: Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen.
Afrikaans 1983
Daarom, so sê die Here: Vra tog onder die nasies of iemand al van so iets gehoor het! Israel het 'n afstootlike ding gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ “Daarom,” so sê die Here, “Doen maar navraag by die nasies: Wie het van so iets gehoor? Die jongvrou Israel het 'n vreeslik afskuwelike ding gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sê Ek: “Gaan vra vir ander volke of hulle al so iets gehoor het. Die Israeliete het 'n baie lelike ding gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê die Here: “Het iemand al ooit gehoor van die afskuwelike ding wat Israel gedoen het? Vra maar rond onder die ander volke, so iets het nog nie eens by hulle gebeur nie.
Recommended Reading