Jeremiah 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Het 'n nasie sy gode verander, wat nog geen gode is nie? maar my volk het hulle eer verander vir wat niks baat nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Het ’n volk ooit hulle gode vir ander gode verruil al is hulle nie regtig gode nie? Tog het my mense My verruil vir gode wat niks werd is nie!
Afrikaans 1933/1953
of 'n nasie sy gode verruil -- wat nie eers gode is nie. Maar my volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie.
Afrikaans 1983
dat 'n nasie sy gode verruil het, selfs al was hulle geen gode nie? Maar my volk het My, hulle magtige God, verruil vir gode wat nie kan help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Het 'n nasie sy gode al verruil? En dit is nie eers gode nie! Maar my volk het sy Majesteit verruil vir hulle wat geen voordeel bied nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Het 'n volk sy gode gelos en ander gode gekies, goed wat nie regtig gode is nie? Nee. Maar my volk het My, die ware God, gelos en afgode gekies wat niks beteken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
dat ’n volk hulle gode omgeruil het vir ander gode selfs al was hulle nie eintlik regtig gode nie? Ek is tog nie ’n gewone god nie, en tog het my eie mense My vir gode verruil wat niks werd is nie!