Jeremiah 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want my volk het twee euwels gedoen; hulle het My, die fontein van lewende water, verlaat en vir hulle putte uitgekap, gebreekte waterbakke wat geen water hou nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“My volk het twee bose dinge gedoen: Hulle het My verlaat, die fontein wat lewe gee. En hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.”
Afrikaans 1933/1953
Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.
Afrikaans 1983
My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Want twee wandade het my volk gepleeg: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle opgaarputte uit te kap – gebarste opgaarputte wat nie water hou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen. Ek wou vir hulle die water gee wat hulle sal laat lewe, maar hulle het My nie meer gedien nie en hulle het vir hulleself watergate uitgekap, gate wat nie water kon hou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“My volk het twee slegte dinge gedoen: Ek is soos ’n fontein wat lewe gee vir mense wat die water drink. Wat doen hulle? Hulle het van My af weggegaan. Hulle het ook vir hulle bakke gaan uitkap om water in op te vang. Die probleem is dat hierdie bakke gekraak is en nie water kan hou nie.”