Jeremiah 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is Israel 'n dienaar? is hy 'n tuisgebore slaaf? hoekom is hy bederf?
Afrikaans (NLV) 2011
“Is Israel ’n slaaf? Hulle is mos nie gebore as slawe nie! Hoekom is hulle nou soos ’n prooi?
Afrikaans 1933/1953
Is Israel 'n dienskneg? Of is hy 'n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy dan 'n buit geword?
Afrikaans 1983
Het Israel 'n slaaf geword of is hy 'n slaaf gebore? Waarom is hy dan buitgemaak?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Is Israel 'n dienskneg? Of is hy van geboorte af 'n slaaf? Waarom het hy dan buit geword?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Is die mense van Israel slawe? Is hulle slawe se kinders? Hoekom het mense hulle weggevat uit hulle stad?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Het Israel ’n slaaf geword? Hulle is mos nie as slawe gebore nie. Hoekom word hulle dan nou soos ’n prooi wat gejag word?