Jeremiah 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Het jy dit nie vir jou bewerk nie, deurdat jy die HERE jou God verlaat het toe Hy jou op die pad gelei het?
Afrikaans (NLV) 2011
Julle het die probleme oor julleself gebring deur teen die Here te rebelleer toe Hy julle op die regte pad wou lei!
Afrikaans 1933/1953
Het jou verlating van die HERE jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
Afrikaans 1983
Jy het jou dit self aangedoen omdat jy My, die Here jou God, verlaat het toe Ek jou op jou pad gelei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Het jy, Israel, dit nie aan jouself gedoen, deurdat jy die Here jou God verlaat het toe Hy jou op die pad gelei het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal gebeur, want julle het verkeerd gedoen. Julle God die Here het julle gelei op julle pad, maar julle het Hom gelos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle het die moeilikheid oor julleself gebring. Ek wou vir julle rigting en leiding gee, maar julle het julle eie koers ingeslaan en julle nie aan My gesteur nie.