Jeremiah 2:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou, wat het jy te doen in die weg van Egipte, om die water van Sihor te drink? of wat het jy te doen in die weg van Assirië, om die water van die rivier te drink?
Afrikaans (NLV) 2011
Wat het dit julle gehelp om by Egipte, of selfs by Assirië te gaan hulp soek? Kon die waters van die Nyl of die Eufraat julle dors les?
Afrikaans 1933/1953
Wat het jy dan nou te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te doen met die pad na Assur, om die waters van die Eufraat te drink?
Afrikaans 1983
Wat wil jy bereik deur na Egipte toe te gaan en water uit die Nyl te gaan drink? Wat wil jy bereik deur na Assirië toe te gaan en water uit die Eufraat te gaan drink?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, wat wil jy bereik deur na Egipte te gaan? Is dit om die Sigor se water te drink? Wat wil jy bereik deur na Assirië te gaan? Is dit om die Rivier se water te drink?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle wil nou in Egipte gaan water drink uit die Sigor-rivier of in Assirië uit die Eufraat-rivier, julle wil vra dat daardie mense julle moet help, maar hulle sal julle nie help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat gaan dit julle help om by Egipte of selfs by Assirië hulp te gaan soek?