Jeremiah 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek het vir jou 'n edele wingerdstok geplant, geheel en al 'n regte saad; hoe het jy dan vir My verander in die verdorwe plant van 'n vreemde wingerdstok?
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek het jou geplant as ’n uitgesoekte wingerdstok, opreg gekweek! Hoe het julle dan verander in ’n wilde druiwestok?
Afrikaans 1933/1953
Nogtans het Ek jou geplant as 'n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van 'n vreemde wingerdstok!
Afrikaans 1983
Toe Ek jou geplant het, was jy 'n goeie wingerdstok, opreg gekweek, maar hoe het jy nie verander in onkruid, in 'n wilde wingerdstok nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek self het jou geplant as 'n keurdruif, 'n egte, edel wortelstok. Hoe kon jy dan verander in wilde druiwe, in 'n vreemde wingerdstok!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het julle self geplant, julle was goeie wingerdstokke. Maar kyk nou hoe het julle verander! Julle het wilde wingerdstokke geword wat slegte druiwe dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek verstaan nie hoe dit kon gebeur nie. Toe Ek julle geplant het, was julle soos uitsoekdruiweplante. Die beste soort wat ’n mens kan kry! Hoe is dit dan moontlik dat julle so kon verander dat julle nou soos wilde druiweplante is?