Jeremiah 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want al was jy jou met salpeter en neem vir jou baie seep, tog is jou ongeregtigheid voor my aangesig, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Al was julle julleself ook met groot hoeveelhede seep en met die sterkste wasmiddels, dit sal nie help nie. Vir My sal al julle skuld soos vuil vlekke bly,” sê die oppermagtige Here!
Afrikaans 1933/1953
Want al sou jy jou was met loog en baie seep vir jou neem, tog bly jou ongeregtigheid 'n vlek voor my aangesig, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983
Al sou jy jou was met loog of met hoe baie seep, Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, al was jy jou af met soda, en gebruik baie loog; jou sondeskuld bly 'n vlek voor My,” is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle kan julle was met die sterkste seep, met baie seep, maar Ek sal nog altyd sien dat julle sonde julle vuil gemaak het.” Dit sê die Here, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al was julle julle ook met baie seep en met die sterkste wasmiddels, dit sal nie help nie. Al die verkeerde en slegte dinge wat julle gedoen het, is soos vuil vlekke op klere. Niks kan dit uitwas nie,” sê die Here. Niemand het soveel mag soos Hy nie!