Jeremiah 2:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Weerhou jou voet dat jy nie geskoen is nie en jou keel van dors; maar jy het gesê: Daar is geen hoop nie want ek het vreemdelinge liefgehad, en agter hulle aan gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Waarom loop julle agter die gode aan totdat julle skoene deurgeloop is en julle kele brand van dors? Maar julle sê: ‘Moenie jou asem mors nie. Ons is lief vir hierdie vreemde gode. Ons sal nie ophou om hulle te aanbid nie!’
Afrikaans 1933/1953
Hou jou voet terug, dat dit sy skoen nie verloor nie; en jou keel, dat dit nie dors word nie. Maar jy sê: Dit is tevergeefs, nee; want ek het vreemdes lief en sal agter hulle aan loop.
Afrikaans 1983
Moenie jou skoene stukkend loop agter die afgode aan nie, jou keel laat droog word van die dors nie! Maar jy sê: “Ek sal nie daarmee ophou nie! Ek het die vreemde gode lief, ek wil hulle dien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Weerhou jou voete van kaalvoet loop, en jou keel van dors! Maar jy sê, ‘Tevergeefs! Nee, want ek het vreemdes lief; hulle sal ek volg.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle loop ver om die afgode te soek, julle loop totdat julle skoene stukkend is. Julle word dors op die pad na hulle toe, maar julle sê: ‘Dit maak nie saak nie, ons is lief vir die gode van ander volke en ons sal saam met hulle gaan.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Israel, waarom loop julle agter die gode aan totdat julle skoene deurgeloop is en julle keel brand van die dors? Maar julle sê: ‘Moenie jou asem mors nie. Ons het lief geword vir hierdie vreemde gode. Ons sal nie ophou om voor hulle neer te buig nie!’”