Jeremiah 2:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos die dief beskaamd staan as hy gevind word, so is die huis van Israel beskaamd; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,
Afrikaans (NLV) 2011
“Soos ’n dief wat betrap word in die skande kom, so sal Israel — sy konings, leiers, priesters en profete — in die skande kom.
Afrikaans 1933/1953
Soos 'n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,
Afrikaans 1983
Soos 'n dief in die skande kom wanneer hy betrap word, so sal die Israeliete in die skande kom: hulle, hulle konings, hulle amptenare, hulle priesters en hulle profete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos 'n dief in die skande kom wanneer hy betrap word, so staan die huis van Israel beskaamd – hulle, hulle konings, hulle •hoë amptenare, hulle priesters en profete –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer 'n dief gevang word, dan weet hy nie wat om te doen nie. So sal dit ook gaan met die volk Israel en met hulle konings, hulle amptenare, hulle priesters en hulle profete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“As ’n dief betrap word, kom hy in die skande. Israel se konings, leiers, priesters en die profete sal almal net so in die skande kom oor die verkeerde dinge wat hulle doen.