Jeremiah 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en sê vir 'n stam: U is my vader; en tot 'n klip: U het my uitgebring, want hulle het hul rug na My toe gedraai en nie hul aangesig nie; maar in die tyd van hul benoudheid sal hulle sê: Staan op en red ons.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sê vir ’n beeld uit hout gesny: ‘Jy is my pa.’ En vir ’n beeld uit klip gekap: ‘Jy is my ma.’ Hulle steur hulle glad nie aan My nie, maar sodra hulle in die moeilikheid is, roep hulle: ‘Kom help ons!’
Afrikaans 1933/1953
wat vir 'n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir 'n klip: Jy het my gebaar. Want hulle het My die rug toegekeer en nie die aangesig nie. Maar in die tyd van hulle onheil sê hulle: Staan op en verlos ons!
Afrikaans 1983
Dit is hulle wat vir 'n stuk hout sê: “My vader,” en vir 'n klip: “U het my in die wêreld gebring.” Na My toe het hulle hulle rug gedraai in plaas van hulle gesig. Dit is net wanneer 'n ramp hulle tref dat hulle sê: “Kom red ons tog!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
hulle wat vir 'n stuk hout sê, ‘Jy is my vader!’ en vir 'n klip, ‘Jy het my in die wêreld gebring!’ Want hulle draai hulle rug op My en wys nie hulle gesig nie. Maar in die tyd van hulle teenspoed sê hulle, ‘Staan op en verlos ons!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle is mense wat vir 'n stuk hout of vir 'n klip sê: ‘Jy is my pa, ek is jou kind.’ Ja, hulle het hulle rug na My toe gedraai, nie hulle gesig nie. Maar wanneer dit sleg gaan met hulle, dan sê hulle: ‘Kom red ons!’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sê vir ’n beeld wat uit hout gesny is: ‘Jy is my pa.’ En vir ’n beeld wat uit klip gekap is, sê hulle: ‘Ons is jou kinders.’ Hulle steur hulle glad nie aan My nie” sê die Here, “maar net sodra hulle in die moeilikheid is, roep hulle My om hulle te help.