Jeremiah 2:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het? laat hulle opstaan as hulle jou kan red in die tyd van jou benoudheid; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!
Afrikaans (NLV) 2011
Hoekom vra julle nie hulp by hierdie gode wat julle gemaak het nie? As húlle kan, laat hulle julle uit die moeilikheid help! Juda, julle het net soveel gode as dorpe.
Afrikaans 1933/1953
Waar is dan jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan verlos in die tyd van jou onheil; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!
Afrikaans 1983
Waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle jou kom red wanneer 'n ramp jou tref, as hulle kan! Soveel stede as wat jy het, Juda, net soveel gode het jy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan, as hulle jou kan verlos in die tyd van jou teenspoed. Want soveel as wat jou dorpe is, soveel het jou gode geword, Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar waar is julle gode wat julle vir julle gemaak het? Hulle moet kom en julle red wanneer dit sleg gaan met julle, as hulle dit kan doen. Want, Juda, julle het net so baie gode gehad soos stede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoekom roep julle nie hierdie gode wat julle gemaak het om julle te kom help nie? As hulle dan so goed is, laat hulle julle uit die moeilikheid help as hulle kan! Julle het omtrent net soveel gode as wat daar stede en dorpe is.