Jeremiah 2:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kan 'n diensmeisie haar versierings vergeet, of 'n bruid haar kleed? nogtans het my volk My vergeet dae sonder getal.
Afrikaans (NLV) 2011
Vergeet ’n meisie haar juwele? Sal ’n vrou vergeet hoe haar trourok gelyk het? Hoe kan my mense My dan dae aaneen vergeet?
Afrikaans 1933/1953
Kan 'n jonkvrou haar versiersel vergeet, 'n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.
Afrikaans 1983
Vergeet 'n meisie haar juwele of 'n bruid haar trourok? Tog het my volk My jare gelede al vergeet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Sal 'n jong meisie haar juwele vergeet, of 'n bruid haar lyfserpe? Tog het my volk My vergeet, ontelbare dae lank al.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Jongmeisie vergeet nie haar juwele nie, 'n bruid vergeet nie haar trouklere nie. Maar my volk het My gou vergeet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê My, vergeet ’n meisie haar juwele? Sal ’n vrou vergeet hoe haar trourok gelyk het? Hoe is dit dan moontlik dat my mense My keer op keer vergeet?