Jeremiah 2:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarom snoei jy jou weg om liefde te soek? daarom het U ook die goddeloses u weë geleer.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy ken al die fyner kunsies om minnaars te lok. Die mees ervare prostituut kan by jou kom leer.
Afrikaans 1933/1953
Hoe goed kry jy jou pad om liefde te soek! Daarom het jy ook jou weë aan die slegte dinge gewend gemaak.
Afrikaans 1983
Hoe geoefen is jy in die kuns om minnaars te soek; jy het al so gewoond geraak aan die kwaad!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoe goed vind jy jou pad om liefde te gaan soek! Daarom kan jy ook die slegste vroue jou paaie leer!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle weet baie goed hoe om ontrou te wees, ook slegte vroue kan by julle leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle is soos mense wat al die fyner kunsies ken om ander mans of vroue in die hande te kry. Julle is so goed met die verkeerde manier van doen dat hierdie mense by julle kan kom leer.