Jeremiah 2:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook in jou slip is die bloed van die siele van die arme onskuldiges gevind;
Afrikaans (NLV) 2011
Jou klere is bevlek met bloed van onskuldige armes. Jy maak hulle dood selfs al het hulle nie by jou huis ingebreek nie.
Afrikaans 1933/1953
Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by 'n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.
Afrikaans 1983
Die some van jou klere is vol bloed, die bloed van arm en onskuldige mense, nie dié van mense wat jy op inbraak betrap het nie. En ten spyte van dit alles
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs aan die some van jou klere word dit gevind – die bloed van mense, van onskuldige behoeftiges, wat jy nie by 'n inbraak betrap het nie. Maar teen dit alles in
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle het mense laat doodmaak wat nie verkeerd gedoen het nie. Hulle was arm mense wat nie gesteel het nie. Julle het dit alles gedoen,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle klere is gevlek met die bloed van onskuldige arm mense wat julle vermoor het. Julle kon nie eens sê dat julle hulle doodgemaak het omdat hulle by julle huise ingebreek het nie. Tog, ten spyte van alles