Jeremiah 2:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar jy sê: Omdat ek onskuldig is, sal sy toorn sekerlik van my afwyk. Kyk, ek sal met jou stry, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Tog sê jy: ‘Ek is onskuldig. Regtig, die Here kan nie vir my kwaad wees nie!’ Weet dit: Ek gaan jou straf juis omdat jy sê: ‘Ek het nie gesondig nie!’
Afrikaans 1933/1953
Nogtans het jy gesê: Ek is tog onskuldig; gewis het sy toorn hom van my afgewend. Kyk, Ek sal met jou na die gereg gaan, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie.
Afrikaans 1983
sê jy: “Ek is onskuldig; die Here is nie toornig op my nie.” Maar Ek gáán jou straf omdat jy gesê het: “Ek het nie gesondig nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
hou jy vol, ‘Ek is onskuldig; sy toorn is beslis van my afgewend.’ Kyk, Ek gaan met jou 'n regstryd voer, omdat jy volhou, ‘Ek het nie gesondig nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
maar julle sê: ‘Ons het nie verkeerd gedoen nie, die Here is nie meer kwaad vir ons nie.’ Ek wil julle nou straf omdat julle gesê het julle het nie sonde gedoen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
sê julle: ‘Ons is onskuldig. Dit is regtig so, die Here is nie kwaad vir ons nie!’ Julle kan vir seker weet, Ek gaan julle swaar straf omdat julle doodgewoon maak of julle niks verkeerd gedoen het nie.