Jeremiah 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE: Watter ongeregtigheid het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My af weggegaan het en agter nietigheid aan gewandel en nietig geword het?
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here vra: “Wat het Ek verkeerd gedoen dat julle voorouers so ver weggedwaal het van My af? Hulle het afgode gedien wat nikswerd is. Deur dit te doen, het hulle self waardeloos geword.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?
Afrikaans 1983
So sê die Here: Waarin het Ek gefaal dat julle voorvaders van My af weggedraai het, dat hulle nikswerd afgode gedien het en so self niks geword het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here: “Watter onreg het julle voorouers by My gevind, dat hulle hulle aan My onttrek het, nuttelose afgode gevolg en self nutteloos geword het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here vra: “Wat het Ek verkeerd gedoen teen julle voorvaders? Hoekom het hulle weggegaan van My? Hoekom het hulle saam met afgode geloop, afgode wat niks beteken nie? So het julle voorvaders self niks geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: “Wat het Ek verkeerd gedoen dat julle voorouers nie meer in My belanggestel het nie? Hulle het sommer agter nikswerd afgode begin aanloop. Deur dit te doen het hulle self nikswerd mense geword.