Jeremiah 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het ook nie gesê nie: Waar is die HERE wat ons uit Egipteland laat optrek het, wat ons deur die woestyn gelei het, deur 'n land van woestyn en van kuile, deur 'n land van droogte en doodskaduwee, deur 'n land waar niemand deurgegaan het en waar niemand gewoon het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het nie eers gedink om te vra nie: ‘Waar is die Here wat ons veilig uit Egipte gebring het en ons deur die woestyn gelei het? Die land was droog en vol slote, dor met donker skaduwees. Niemand trek daardeur nie. Geen mense woon daar nie.’
Afrikaans 1933/1953
En hulle het nie gesê nie: Waar is die HERE wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in 'n land van wildernis en kuile, in 'n land van droogte en doodskaduwee, in 'n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?
Afrikaans 1983
Hulle het nie gevra: “Waar is die Here wat ons uit Egipteland laat optrek het?” nie. Hy het ons deur die woestyn gelei, deur 'n droë wêreld vol slote, deur 'n dor land vol doodsgevaar, deur 'n land waardeur niemand trek en waarin geen mens woon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het nie gevra nie, ‘Waar is die Here wat ons uit Egipteland laat optrek het, wat ons in die woestyn gelei het – in 'n land van woestynvlaktes en afgronde, 'n land van droogte en diepe duisternis, 'n land waardeur niemand trek nie, en waar geen mens woon nie?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Hulle het nie gevra: “ ‘Waar is die Here wat vir ons uit Egipte gebring het, die Here wat ons deur die woestyn gebring het?’ nie. Dit is 'n droë plek waar dit baie gevaarlik is, 'n plek waar daar nie water is nie en waar dit donker is, 'n plek waar niemand kom nie en waar niemand woon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle voorouers het nie eens gedink om te vra: ‘Waar is die Here wat ons uit Egipte gebring het, wat ons deur die woestyn gelei het?’ nie. Die land was woes en baie moeilik om deur te trek. Daar was ook nie water nie. Niemand het eens kans gesien om hier te probeer lewe of deur te ry of te loop nie, want dit was ’n verskriklik gevaarlike stuk land. En tog het Ek, die Here, hulle veilig hierdeur gevat!”