Jeremiah 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek het julle in 'n land van oorvloed gebring, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle ingegaan het, het julle my land verontreinig en my erfdeel 'n gruwel gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het julle gebring na ’n vrugbare land sodat julle die vrugte en die goeie dinge van die land moes geniet. Maar toe julle in my land kom, het julle dit besoedel. Julle het wat Ek vir julle laat erf het, veragtelik gemaak.
Afrikaans 1933/1953
En Ek het julle gebring in 'n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het julle my land verontreinig en my erfenis 'n gruwel gemaak.
Afrikaans 1983
Ek het julle in 'n vrugbare land gebring om die vrugte daarvan en die goeie dinge daarin te geniet, maar toe julle in my land gekom het, het julle dit verontreinig; die land wat my eiendom is, is deur julle besoedel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het julle gebring na 'n land met boorde, om die vrugte en die goeie daarvan te geniet. Maar julle het ingekom en my land verontreinig; van my eiendom het julle iets afstootliks gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het julle gebring in 'n land vol vrugtebome waar julle lekker kon eet van alles, maar toe het julle my land onrein gemaak. Julle het die land wat aan My behoort, vuil gemaak met julle sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê verder: “Ek het julle na ’n land gebring waar alles baie goed groei. Ek wou hê dat julle die vrugte en die goeie dinge wat die land gee, geniet. Maar wat het julle gedoen? Julle het in my land ingekom en dit met julle afgode bemors. Julle het die land wat julle van My sou erf iets gemaak om te haat.