Jeremiah 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? en die wat die wet hanteer, het My nie geken nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Die priesters vra nie: ‘Waar is die Here?’ nie. Die regsgeleerdes het nie eers twee keer aan My gedink nie. Die leiers van die land was in opstand teen My. En die profete het namens Baäl geprofeteer. So mors hulle hulle tyd op niks.
Afrikaans 1933/1953
Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.
Afrikaans 1983
Die priesters het nie gevra: “Waar is die Here?” nie, dié wat my wil moes bekend maak, het My nie erken nie. Die regeerders het hulle teen My verset, die profete het in die naam van Baäl opgetree en gode gedien wat nie kan help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priesters het nie gevra, ‘Waar is die Here? ’ nie; hulle wat die onderrig hanteer, ken My nie. Die herders het teen My oortree; die profete profeteer vir Baäl, en hulle volg dié wat geen voordeel bied nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priesters moes vir die mense sê wat Ek wil hê, maar hulle het nie gevra waar Ek is nie, hulle het My nie geken nie. Die mense wat oor my volk moes regeer, was téén My. Die profete het boodskappe van Baäl gebring, en hulle het afgode gedien wat niks beteken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die priesters het hulle geensins aan die Here gesteur nie. Die regsgeleerdes het nie eens twee keer aan Hom gedink nie. Die leiers van die land het teen die Here in opstand gekom. Die profete het nou gesê die god Baäl het vir hulle die boodskappe gegee, nie die Here nie. Op dié manier het hulle hulle tyd eintlik op niks gemors.