Jeremiah 28:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nogtans, hoor jy nou hierdie woord wat Ek voor jou ore en voor die ore van die hele volk spreek;
Afrikaans (NLV) 2011
Maar luister nou met aandag na wat ek vir jou voor al hierdie mense gaan sê.
Afrikaans 1933/1953
Maar luister tog na hierdie woord wat ek spreek voor jou ore en voor die ore van die hele volk:
Afrikaans 1983
Maar luister tog na wat ek nou gaan sê sodat jy en die hele volk dit kan hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar hoor tog hierdie woord wat ek direk vir jou en ten aanhore van die hele volk sê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar luister eers wat ek vir jou en vir al die mense sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar luister nou ernstig na wat ek vir jou voor al hierdie mense wil sê.