Jeremiah 32:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy het aan hulle hierdie land gegee wat U aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning;
Afrikaans (NLV) 2011
U het hierdie land wat U baie jare gelede aan hulle voorouers belowe het, aan die mense van Israel gegee. Dit is ’n vrugbare land waar melk en heuning vloei.
Afrikaans 1933/1953
en aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning;
Afrikaans 1983
U het hierdie land vir u volk gegee, die land wat U met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het aan hulle hierdie land gegee wat U met 'n eed aan hulle voorouers beloof het om aan hulle te gee – 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het hierdie land vir u volk gegee, die land wat U belowe het om vir hulle voorvaders te gee. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het hierdie land aan die mense van Israel gegee. Reeds baie jare terug het U aan hulle voorouers belowe dat U vir hulle ’n land sou gee. Dit sou ’n vrugbare land wees waar melk en heuning volop sou wees.