Jeremiah 35:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het voor die seuns van die huis van die Regabiete potte vol wyn en bekers gesit en vir hulle gesê: Drink wyn.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het bekers met wyn en glase voor die Rekabiete neergesit. Toe nooi ek hulle om van die wyn te drink.
Afrikaans 1933/1953
En ek het voor die kinders van die huis van die Regabiete kanne vol wyn en bekers neergesit en aan hulle gesê: Drink wyn.
Afrikaans 1983
Ek het kanne vol wyn en bekers voor die Rekabiete gesit en vir hulle gesê: “Hier is wyn, drink dit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het voor die afstammelinge van die gemeenskap van Regabiete houers vol wyn en bekers neergesit, en vir hulle gesê: “Drink wyn!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het bakke wyn en bekers voor die Rekab-familie gesit en vir hulle gesê: “Drink die wyn.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het bekers met wyn en bekers om uit te drink voor die Rekabiete neergesit. Toe nooi ek hulle om van die wyn te drink.