Jeremiah 37:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE: Bedrieg julleself nie en sê: Die Chaldeërs sal sekerlik van ons af weggaan, want hulle sal nie wyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Here sê: Moenie julleself bedrieg en sê: ‘Die Babiloniërs sal ons uitlos’ nie. Hulle sal nie!
Afrikaans 1933/1953
So spreek die HERE: Bedrieg julleself nie deur te sê: Die Chaldeërs sal sekerlik van ons af wegtrek -- want hulle sal nie wegtrek nie.
Afrikaans 1983
So sê die Here: Julle moet julle nie mislei en dink die Galdeërs het beslis van ons af padgegee nie. Hulle gee nie pad nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here, ‘Moet julleself nie mislei deur te dink, die Galdeërs sal beslis van ons af weggaan, nie; want hulle sal nie gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: Julle moenie julleself bedrieg nie, moenie dink die Galdeërs het heeltemal weggegaan nie, want hulle hét nie weggegaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê vir hulle Ek sê: Moenie julleself flous en dink die Babiloniërs sal wegbly nie. Hulle kom vir seker terug.