Jeremiah 38:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Sedekia vir Jeremia: Laat niemand van hierdie woorde weet nie, en jy sal nie sterwe nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sedekia sê toe vir Jeremia: “Jy moet niemand vertel wat jy vir my gesê het nie. Doen jy dit, is jy dood!
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Sedek¡a vir Jeremia: Laat niemand van hierdie woorde weet nie, dat jy nie sterwe nie.
Afrikaans 1983
Sedekia het vir Jeremia gesê: “Niemand moet van hierdie gesprek weet nie. Dan sal jy nie doodgemaak word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop sê Sedekia vir Jeremia: “Niemand mag van hierdie gesprek weet nie, anders sterf jy!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sedekia het vir Jeremia gesê: “Jy moet vir niemand sê wat ons gepraat het nie, dan sal jy nie sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sedekia het toe vir Jeremia gesê: “Jy moet vir niemand vertel wat jy vir my gesê het nie. Doen jy dit, is jy dood!