Jeremiah 48:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want so sê die HERE: Kyk, hy vlieg soos 'n arend en sprei sy vlerke oor Moab.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Kyk, ’n arend duik neer en sprei sy vlerke oor Moab.
Afrikaans 1933/1953
Want so sê die HERE: Kyk, hy sal vlieg soos 'n arend en sal sy vleuels oor Moab uitsprei.
Afrikaans 1983
So sê die Here: Die vyand sal soos 'n aasvoël op Moab afsak en oor hom sweef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want so sê die Here: “Kyk, soos 'n arend vlieg hy; hy sprei sy vlerke uit oor Moab.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, die Here sê: “Kyk, die vyande sal afkom soos aasvoëls en hulle sal oor Moab vlieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: “Die vyand sal Moab aanval net soos ’n arend wat vinnig met uitgespreide vlerke op ’n prooi afduik.