Jeremiah 52:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En 'n kapiteel van koper was daarop; en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granate aan die kapitein rondom, alles van koper. Ook die tweede pilaar en die granate was soos hierdie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koperkopstuk bo-op elkeen van hierdie pilare was twee en ’n half meter hoog. Die kopstuk was reg rondom versier met koperafbeeldings van granate. Die tweede pilaar het net so gelyk.
Afrikaans 1933/1953
En 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met granaatjies.
Afrikaans 1983
Die bronskapiteel bo-op was twee en 'n half meter hoog. Die rooster met die granate om die kapiteel was heeltemal van brons. Die ander pilaar met die granate was net so.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was 'n bronskapiteel bo-op, en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granate op die kapiteel reg rondom, alles van brons. Dieselfde geld vir die tweede pilaar met sy granate.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Bo-op elke pilaar was 'n kopstuk van brons, dit was vyf el hoog. Daar was granate van brons rondom elke kopstuk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koperkopstuk bo-op elkeen van hierdie pilare was ongeveer twee en ’n half meter hoog. Die kopstuk was reg rondom versier met koperafbeeldings van granate. Die tweede pilaar het presies net so gelyk.