Jeremiah 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vertrou nie op leuenagtige woorde nie, wat sê: Die tempel van die HERE, die tempel van die HERE, die tempel van die HERE, is dit.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie julle laat mislei deur mense wat vir julle sê dat julle veilig is omdat die tempel van die Here in Jerusalem is nie.
Afrikaans 1933/1953
Vertrou nie op bedrieglike woorde nie -- wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!
Afrikaans 1983
Moenie julle vertroue stel in leuens nie. Julle sê: “Ons is veilig! Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet julle vertroue nie stel op bedrieglike woorde deur te sê, ‘Die •tempel van die Here, die tempel van die Here, die tempel van die Here is dit!’ nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moenie dink dit sal goed gaan wanneer mense sê: ‘Hierdie is die tempel van die Here, die tempel van die Here, die tempel van die Here!’ nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie julle laat mislei deur mense wat vir julle sê dat julle veilig is omdat die tempel van die Here in Jerusalem is nie.