Jeremiah 8:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die leed van die dogter van my volk is ek beseer; Ek is swart; verbasing het my aangegryp.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek treur oor die pyn van my mense. Ek is stomverslae van verdriet.
Afrikaans 1933/1953
Vanweë die verbreking van die dogter van my volk is ek gebreek, is ek in die rou; verbaasdheid het my aangegryp.
Afrikaans 1983
My volk se wonde is ook my wonde, ek is in die rou, deur angs oorweldig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oor die ineenstorting van die dogter van my volk is ek gebroke. Ek is in rou, ontsetting het my aangegryp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vyande sal my mense baie swaar laat kry, en daarom kry ek nou ook swaar. Ek huil en treur omdat hulle gaan sterf, ek word baie bang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jeremia sê: “My mense is gewond en voel baie pyn. Hulle pyn voel vir my asof dit my eie pyn is. Ek huil oor hulle. Ek voel so platgeslaan oor hulle toestand.