Job 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Het jy nie 'n heining rondom hom en om sy huis en oor alles wat hy het aan alle kante gemaak nie? U het die werk van sy hande geseën, en sy besitting het vermeerder in die land.
Afrikaans (NLV) 2011
U het hom, sy huisgesin en sy eiendom nog altyd net beskerm. En U het hom voorspoedig gemaak in alles wat hy aanpak. Kyk net hoe ryk is hy!
Afrikaans 1933/1953
Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
Afrikaans 1983
U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is dit nie U self wat hom en sy huis, en alles wat aan hom behoort, aan alle kante afgeskerm het nie? Sy handewerk het U geseën, en sy veestapel het in die land uitgebrei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het hom beskerm en ook sy huisgesin en alles wat hy het. U het dit goed laat gaan met alles wat hy gedoen het, hy het ryk geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het hom en sy huisgesin en alles wat hy het nog altyd beskerm. U sorg dat hy ’n sukses maak van alles wat hy doen. Sy rykdom word net meer en meer.