Job 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou mag; net op homself nie u hand uitsteek nie. Die Satan het toe weggegaan van die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
“Goed, jy mag hom toets,” sê die Here vir die aanklaer. “Doen net wat jy wil met alles wat hy besit. Jy mag hom net nie fisies skade aandoen nie.” Die aanklaer is toe weg van die Here af.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983
Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here sê toe vir die satan: “Kyk, alles wat aan hom behoort, is in jou hand. Net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie.” Die satan het toe uitgegaan, weg van die Here af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die Here vir die Satan: “Jy mag doen wat jy wil met alles wat Job het, maar jy mag niks doen aan homself nie.” Die Satan het toe weggegaan van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het toe vir Satan gesê: “Dit is reg so, jy kan met sy goed maak net wat jy wil. Maar van Job hou jy jou hande af!” Die Satan het toe van die Here af weggegaan.