Job 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was 'n dag toe sy seuns en sy dogters in die huis van hulle oudste broer geëet en wyn gedrink het.
Afrikaans (NLV) 2011
Eendag het Job se seuns en dogters by hulle oudste broer se huis geëet en wyn gedrink.
Afrikaans 1933/1953
En op 'n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer,
Afrikaans 1983
En eendag, toe Job se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe, op 'n dag, terwyl sy seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Eendag het die kinders van Job partytjie gehou in die huis van hulle oudste broer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag was Job se kinders weer bymekaar in die oudste seun se huis. Hulle het saam geëet en wyn gedrink.