Job 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar het 'n boodskapper na Job gekom en gesê: Die osse was besig om te ploeg, en die esels het langs hulle gewei.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar kom toe ’n boodskapper by Job se huis aan met die nuus: “Ons was aan’t ploeg met die osse, en die donkies het ook daar rond gewei.
Afrikaans 1933/1953
kom 'n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle,
Afrikaans 1983
kom 'n boodskapper by Job met die nuus: “Die osse was aan die ploeg, en die donkies het langsaan gewei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
kom daar 'n boodskapper by Job aan en sê: “Die beeste was aan die ploeg, en die donkiemerries het langsaan gewei;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe kom daar 'n slaaf by Job, en hy sê: “Die slawe en die beeste het geploeg, en die donkies het daar naby gewei,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl hulle besig was om so saam te kuier, het ’n boodskapper by Job se huis aangekom. Hy het gesê: “Ons was besig om die land met osse te ploeg. Die donkies het daar by ons gestaan en wei.