Job 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Sabeërs het op hulle geval en hulle weggeneem; ja, hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard gedood; en ek alleen is ontsnap om jou te vertel.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe oorval skurke ons uit Skeba. Hulle het al die diere gesteel en al die werkers doodgemaak. Ek is die enigste een wat kon wegkom om dit vir u te vertel.”
Afrikaans 1933/1953
het die Sabeërs 'n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
Afrikaans 1983
Toe oorval mense uit Skeba ons en hulle roof alles en maak die slawe dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
toe loods die Sabeërs 'n aanval en vat hulle. Hulle het die werkers met die skerpte van die swaard neergevel. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
toe kom die Sabeërs skielik en hulle vat al die beeste en die donkies. Hulle het die slawe doodgemaak, net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die volgende oomblik het die Sabeërs op ons toegesak. Hulle het die diere gesteel en die werkers doodgemaak. Ek is die enigste een wat weggekom het om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.”