Job 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Terwyl hy nog spreek, het 'n ander een ook gekom en gesê: Die Chaldeërs het drie leërs uitgemaak en op die kamele geval en hulle weggevoer, ja, en die dienaars met die skerpte van die swaard gedood; en ek alleen is ontsnap om jou te vertel.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy was nog besig om te praat toe ’n derde boodskapper by Job aangehardloop kom met die nuus: “Drie groepe Galdese rowers het al u kamele gesteel. Hulle het ook al u werkers doodgemaak. Ek is die enigste wat oorleef het om dit vir u te vertel.”
Afrikaans 1933/1953
Terwyl die een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en 'n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
Afrikaans 1983
Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “Drie groepe Galdeërs het die kamele geroof en is daarmee weg nadat hulle die slawe doodgemaak het. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom 'n ander een daar aan en sê: “Galdeërs het drie eenhede opgestel, 'n plundertog uitgevoer op die kameeltroppe en hulle gevat. Hulle het die werkers met die skerpte van die swaard neergevel. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Terwyl daardie slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Drie groepe Galdeërs het skielik gekom en hulle het die kamele gevat en die slawe doodgemaak wat by die kamele was. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl hierdie boodskapper nog besig was om te praat, het ’n derde een met nuus opgedaag. Hy het gesê: “Die Babiloniërs het met drie bendes toegeslaan. Hulle het die kamele gesteel en u oppassers doodgemaak. Ek is die enigste een wat ontsnap het om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.”