Job 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Terwyl hy nog spreek, kom daar ook 'n ander en sê: Jou seuns en jou dogters het in die huis van hulle oudste broer geëet en wyn gedrink.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy was nog besig om vir Job van die tragedie te vertel toe nog ’n boodskapper met die nuus kom: “U seuns en dogters het partytjie gehou in die huis van hulle oudste broer.
Afrikaans 1933/1953
Terwyl die een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,
Afrikaans 1983
Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “U seuns en dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom 'n ander een daar aan en sê: “U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Terwyl daardie slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Jou kinders was besig om partytjie te hou in hulle oudste broer se huis,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie derde boodskapper was nog besig om te praat toe nog een met nuus daar aankom. Hy het gesê: “U kinders was besig om saam te eet en te kuier in u oudste seun se huis toe ’n ramp hulle tref.