Job 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, daar het 'n groot wind uit die woestyn gekom en die vier hoeke van die huis getref, en dit het op die jongmanne geval, en hulle was dood; en ek alleen is ontsnap om jou te vertel.
Afrikaans (NLV) 2011
Skielik was daar ’n baie sterk wind wat van die woestyn se kant af gewaai het. Dit het die huis van alle kante getref, en die huis het inmekaargeval. Al u kinders is op slag dood. Ek was die enigste wat oorleef het om dit vir u te vertel.”
Afrikaans 1933/1953
toe daar meteens 'n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
Afrikaans 1983
Meteens het daar 'n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vier kante af op u kinders omgewaai. Almal is dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
toe daar onverwags 'n sterk wind van die woestyn se kant af kom en die vier hoeke van die huis tref. Dit het op die jongmense ingestort en hulle het gesterf. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
toe kom daar skielik 'n sterk wind van die woestyn en dit waai die huis om. Die vier mure van die huis het op die kinders geval, en hulle is almal dood. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Baie sterk wind het van die woestyn af gewaai. Dit het die huis met mening van alle kante af getref. Die wind het die huis omgewaai en dit het bo-op u kinders geval. Hulle is almal dood. Ek is die enigste een wat oor is om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.”