Job 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Job opgestaan en sy mantel geskeur en sy hoof afgeskeer en op die grond neergeval en aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011
Job het toe opgestaan. Hy het sy klere stukkend geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond voor God geval.
Afrikaans 1933/1953
Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval
Afrikaans 1983
Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê en gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Job het toe opgestaan, sy mantel geskeur, sy kop kaal geskeer, op die grond neergeval en in aanbidding gebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Job het opgestaan en hy het sy bo-kleed geskeur en sy hare afgeskeer. Hy het gaan lê met sy gesig teen die grond
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Job die slegte nuus hoor, het hy begin rou. Hy het opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook al sy hare afgesny. Toe het hy neergeval en met sy gesig teen die grond gaan lê.