Job 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer; die HERE het gegee, en die HERE het geneem; Geloofd sy die Naam van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het gesê: “Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer wees die dag wanneer ek doodgaan. Die Here het my alles gegee wat ek gehad het, en nou het Hy dit alles weggeneem. Prys die Naam van die Here!”
Afrikaans 1933/1953
en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
Afrikaans 1983
“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gesê: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek na die skoot van die aarde terugkeer. Die Here het gegee en die Here het geneem. Mag die Naam van die Here geprys word! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en hy het gesê: “Ek het niks gehad toe ek gebore is nie en ek sal niks hê wanneer ek sterf nie. Die Here het gegee en die Here het geneem. Ek prys die Naam van die Here!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het gesê: “Toe ek gebore is, het ek met niks in hierdie wêreld ingekom nie. As ek uit hierdie wêreld uitgaan, sal ek weer sonder enigiets weggaan. Wat ek het, het die Here vir my gegee. Die Here het dit ook weer weggevat. Die Here moet geprys word!”