Job 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy besitting was sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd esels en 'n baie groot huisgesin; sodat hierdie man die grootste was van al die manne van die Ooste.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het ook 7 000 skape, 3 000 kamele, 500 spanne trekosse, 500 donkiemerries en baie slawe gehad — sowel mans as vroue. Hy was die rykste man in daardie omgewing.
Afrikaans 1933/1953
Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat die man ryker was as al die kinders van die Ooste.
Afrikaans 1983
en was ook die eienaar van sewe duisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf honderd donkies en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het seweduisend stuks kleinvee, drieduisend kamele, vyfhonderd pare beeste, vyfhonderd donkiemerries en 'n besondere groot werksmag gehad. Hierdie man was meer vermoënd as enigiemand in die ooste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het 7 000 skape en bokke gehad, 3 000 kamele, 1 000 beeste, 500 donkies en baie slawe. Hierdie man was ryker as al die Oosmense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Verder het hy ook 7 000 skape, 3 000 kamele, 1 000 beeste en 500 donkies gehad. ’n Groot klomp slawe het ook vir hom gewerk. Om die waarheid te sê, hy was die rykste mens in die hele Ooste.